Ekstroversie en introversie

Die konsep van ekstroversie en introversie is 'n sentrale dimensie van sommige teorieë oor menslike persoonlikheid. Die terme "introversie" en "ekstroversie" is deur Carl Jung[1] gewild gemaak. Ekstroversie is geneig om in spontane, energieke, spraaksame gedrag tot uiting te kom terwyl introversie deur 'n groter teruggetrokkenheid en alleenheid gekenmerk word.[2]

Ekstroversie en introversie word gewoonlik as 'n enkele kontinuum beskou. Iemand wie se ekstroversietelling dus hoog is, sal 'n lae introversietelling hê, en omgekeerd. Carl Jung en die ontwikkelaars van die Myers-Briggs-persoonlikheidstoets beskou dit egter uit 'n ander hoek en voer aan dat almal 'n ekstroverte en 'n introverte sy het, waarvan die een dominanter as die ander is.

  1. Juung, C. G. (1921) Psychologische Typen, Rascher Verlag, Zurich – vertaling H.G. Baynes, 1923.
  2. Thompson, Edmund R. (2008). "Development and Validation of an International English Big-Five Mini-Markers". Personality and Individual Differences. 45 (6): 542–8. doi:10.1016/j.paid.2008.06.013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search